My Meisie in Shanghai roskam my nou die anderdag omdat ek laas in die Herfs van 2017 geBlog het.

Hoekom Johannes?!

Ek weet nie Meisie – ek dink ek het seker maar my Mojo verloor

IMG_3669

En dis darem nie iets uitsonderlik nie ….. ek meen te sê selfs ou Christoforus Columbus het per geleentheid die spreekwoordelike spoor byster geraak. Toegegee – hy het op die ou einde darem die Wes Indies ontdek – alhoewel hy oorspronklik oortuig was hy het deur wes te vaar uiteindelik die Spesery eilande van Maleisië en Indonesië ontdek.

Maar my Shanghai Meisie is NIE tevrede met my verskoning nie : Kom aan Johannes! Doen dit net weer ….. en nog n keer ….. en nogeens.

En ek is lief vir daai Meisie – en ek wil haar graag gelukkig maak

IMG_5015

En skielik besef ek : Sy is reg.

Ek hét hierdie Ding oorspronklik begin omdat dit vir my lekker is om sommige gedagtes wat my raak en waarnemings wat my opval te verwoord. En daardie behoefte bestaan steeds. Niks het eintlik verander nie.

Maar soms raak Mens maar die emosionele pad byster en voel jy soos Iemand eenmaal gesug het

IMG_1148

Maar dan …… as jy gelukkig is ( soos ek is ) ….. het jy Iemand wie jou weer kan inspireer en vir jou kan herfokus.

En ek dink – en ek dink laaaank

IMG_1415

…… en ek besef weereens : Jy is mos sommer simpel Johannes! Die Lewe is kort – gebruik en benut jou geleenthede en DOEN wat vir jou lekker is.

En ek kyk deur die Groot Bril

IMG_2097

….. en ek sien Iemand waai vir my daar van die rotse af

IMG_4871

…… en die besef dring tot my deur my Mojo is nie nét in China te vinde – maar ook sommer net hier neffens my.

En skielik voel ek of ek nuwe energie het …. en sien ek vele gedagtes en idees wat ek nog wil neerpen.

En ek kyk vêr en wyd

IMG_4916

En ek sê dankie vir my Shanghai en Rondebosch Meisies.

Ek gaan danksy julle beslis NIE weer n Seisoen laat omgaan alvorens ek weer hierdie Ding doen nie.

Maar vir nou is dit my Storie vir hierdie keer.

6 thoughts on “Waar is my Mojo ….. ?

  1. Nou toe Johannes! Ek’t self begin wonder van daai brokkies… Mens kannie net so rondsit nie.

    Ek’t julle gemis in die Kaap, al was ons so naby. Ons was baie aan die gang en grotendeels in Hermanus.

    Liefde-groete vir julle.

    Mooi loop.

    Anne

    Like

  2. In China is die bekende aansporing (gewoonlik by sport byeenkomste) “jia you” 加油! Waar “jia” 加 staan vir “add” en “you”油 vir “fuel”, so “adding fuel” of in Afrikaans; “gee gas”!! Eks bly ons kan vir mekaar se blog mojo’s gas gee!! X

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s