Ek verbeel my dis die Bybelse Spreuke Digter wie vanmeleë kwyt geraak het dat dit sy verstand te bowe gaan hoe n Voël in vlug kan bly – en ek stem heelhartig saam ( lees egter in hedendaagse konteks : Airbus of Boeing Dreamliner!).


Maar so is daar ook n hele paar ander verskynsels in die alledaagse lewe wat my net so baie verstom – neem bv die soepelheid van die Natuur.

Soos almal weet is dit nou al geruime tyd besonder droog in die WesKaap – en nié net omdat die Bevolkingsgetalle die afgelope dekade of drie dramaties toegeneem het nie. Dít ook – maar veral het dit die afgelope twee jaar vêr onder gemiddeld gereën (sommige kenners beweer dis die droogste siklus in 100 jaar – of iets in dier voege).

Ry ons dan so middel Augustus by n Parkie hier naby ons verby en wat sien jy duidelik?! Die bome is nog vaal en sonder blare – maar die Sneeuklokkies en Watsonias begin al heel vrolik aankondig dat Lente om die draai is :


En om dit te toets vat  ons dan ook so n week of twee later die pad en ry n wye draai en wel deur die bekende Rûens gebied daar in die omgewing van Caledon en Greyton. 

Ten spyte van vêr ondergemiddelde reënval was die Boere van daai geweste dapper genoeg om die Planter agter die Trekker te haak – en siedaar! Canola wáár jy kyk! Dit lyk kompleet of Ou Vincent ( dis nou ons Vrind met die een oor ) oordadig met sy geel verfkwas daar doenig was


Maar om terug te kom by ons Huisie daar neffens die Platberg in Rondebosch ry ons n ompad deur Tokai – en dit wys jou net! Hou net jou oë oop en kyk rondom jou. Ou Moeder Natuur is oral ewe doenig. Wat ons daar raakloop ( of seker raakry?) is beslis nie n Canolaland – maar ek verbeel my maklik net so mooi

Ons is nou só geïnspireerd dat ek en my Navigator ( wie heel toevallig ook my Kamermaat is ) terstond besluit om om voor end September wanneer die hekke sluit n draai te gaan maak in die Posberg Reservaat aan die Suidepunt van die Langebaan Strandmeer om ook daar te gaan kyk of die Natuur die Lente aankondig ten spyt van droogte toestande – en Voila!

Weereens is ek verstom hoe ten spyte van min reën die Bome steeds bot en die blomme steeds blom.

En so het die tweede maand van ons Lente dan stilweg in plek geskuif – Oktober.

Dit laat my dan weer n slag Leipoldt se bekende gedig afstof en herlees  – en ek kannie anders as om dankie te sê vir die reëlmaat en ritme van die Natuur.

En ek sê dankie dat ek deel van Lente 2017 kan wees.
Dit is dan hierdie keer se Storie uit Rondebosch. 

NS Hou duim vas – die bewerings is dat ons eerskomende Dinsdag dalk weer n bietjie reën kan verwag. En Boeta – ten spyte van al voormelde mooi foto’s – ons hét daai reën broodnodig!

7 thoughts on “Deur die Rûens na Posberg – met n draai in Tokai.

  1. Ai, my swaer.. dis baie mooi.

    Dankie dat jy die tyd neem om te deel (en met sulke mooi fotos) Eendag as ek groot is… gaan ek dit ook doen!

    Liefde- groete.

    Like

  2. Die geskrewe stuk laat my met nostalgie en groot dankbaarheid terugvoer na soveel mooi lentes wat ek al beleef het .
    Jy het beslis die talent om met woorde en pragtige waargeneemde fotos die “verfkwas’ mildelik rond te swaai !
    Baie dankie . Mooi waarneming , fotos met ons deel en saam met jou kamermaat op ekspedisies gaan en bespied die mooie in ons land .
    Mag dit nog mildelik in julle kontrei kom reën .
    Mooi loop en ons wag op volgende mededeling !

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s