Verwonder ek myself nou anderaand – sal ek nie ook daai Blog ding probeer nie.

Ek meen te sê : Hoekom nie?!

Maar dan weer : Waarom?

En ek kyk bietjie rond en ek sien mense Blog vir diverse redes – Om gesien of gehoor te word, om slym van die bors te kry, om interressandhede te deel, om geld te probeer maak ( dalk die primêre rede? ) …. of sommer net ( enkele Blogs wat ek in my “navorsing” raakgesien het bewys nogal my waarneming : sien bv gevaaalik.com en kombiekiehier.co.za asook watkykjy.co.za ).

En toe is ek aanvanklik bietjie konfoes ….. maar ek skink vir my nog n glasie Rooies en ek herkou die konsep mooi en ek probeer bepaal hoekom sou ek nou regtig só iets wil doen.

En daar kry ek daai Archimedes oomblik ( ou Thomas Edison sou verstaan! ) :

Ek hou daarvan om so nou en dan as iets my opval of inspireer …. of sommer net mooi is – dit te verwoord. En ek hou a la Stef Bos en Zietsie ook baie van my Taal. En as ek dan my emosie in Afrikaans kan uitdruk ….. Happiness!

So – Daar het ek nou sowaar ook n Blog en ek gaan soos ek begeestert raak periodiek my elektroniese pen opneem en my gedagtes verwoord.

En dit maak regtig nie vir my saak of Iemand my Blog gaan lees nie – dit gaan sommer net vir my lekker wees om dit waarvan ek hou te doen. En weer en weer te doen.

Maar indien enige van julle oorskiet tyd het – en julle bevind julle in my Blog : Hoop ek julle geniet dit saam met my.

Want dit is waaroor hierdie Blog gaan.

NS En die wonderlikste bonus hiervan besef ek skielik is : Ek is nie gebonde aan enige spêrtye nie.

Maar – soos ek altoos in goeie Afrikaans kwytraak : Watch the Press for details. Ek dink ek weet reeds waaroor ek volgende gaan gorrel.

 

Intussen is dit Groete uit Rondebosch.

 

 

 

 

 

 

 

 

8 thoughts on “Nou waarom wil jy Blog Johannes?

    1. Hi Julle –

      Net omdat Julle reageer het op my eerste Insetsel laat ek julle weet dat ek so 3 dae terug weer so gemaak het.

      Dit lyk my egter julle het nie registreer as “Followers” nie – anders sou julle n “notification” via die Blog Administrateur WordPress ontvang het.

      Ek sal lg weer per epos stuur maar vir die toekoms moet julle miskien kyk of julle wel op rekord kan kom as “Followers”.

      Like

  1. Soos ek reeds as reaksie op jou epos gese^ het. dink ek dit is ‘n puik idee. Kan ek ook ‘n persoonlike storie uit ons kinderdae hier “los”? Ek het reeds iets in gedagte.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s